Buurtwag (2015)
Created by Beer Adriaanse, Jaco Smit
Episodes
Episode 1Episode 1Buurtwag (Neighbourhood Watch) is a South African television sitcom created by Beer Adriaanse and Jaco Smit, adapted from the 2012 feature film Die Buurtwag. The first episode follows the Besters, a young couple who moved to the Cape from Gauteng three months earlier, as they meet their local neighbourhood watch, and Tobie, who returns to his old neighbourhood but soon realises he no longer has a connection to the place.
Episode 2Episode 2Die Besters bak nog in die na-gloed van die groot nuus as realiteit uit die bloute hulle hoog-tackle. Johan sien sy eerste bietjie aksie op buurtwag-patrollie, terwyl Tobie ‘n paar spoke uit die verlede raakloop.
Episode 3Episode 3Die manne stamp kop as Johan ‘n nuwe lid nooi om by die buurtwag aan te sluit. Gert moet sy eie persoonlike rubicon oorkruis, terwyl Tobie die geselskap van ‘n getroude vrou geniet.
Episode 4Episode 4Nes testosteroonbelaaide Johan en Ayanda begin dapper raak op patrollie ontvang hulle, hulle eerste amptelike noodkreet. Daar is groot moleste in die buurt en byna almal word betrek. Tobie se sessies by Frandi stuur hom op sy eie middernagtelike avontuur.
Episode 5Episode 5Die buurtwag kruis uiteindelik paaie met die media, maar leer op die harde manier dat enige PR nie noodwendig goeie PR is nie. Yolandie is nog vies vir Johan oor sy roekelose gedrag tydens “die insident”, al weet sy net helfte van wat regtig gebeur het. Gelukkig steek sy self ook iets weg.
Episode 6Episode 6Yolandie en Frandi besluit om iets te doen oor die grafitti in die buurt. Don kies ‘n baie ongeleë tyd om vir ‘n slag op patrollie te gaan, terwyl Tobie en die laaities se kuiertjie in die parkie ‘n kettingreaksie ontketen wat, soos altyd, by die dam opeindig.
Episode 7Episode 7Ná die manne se onlangse oortredings het Don die soustrein se brieke aangedraai en die buurtwag 'n aansienlik meer bedroewige affêre gemaak. Gert het ‘n splinternuwe plan om sy finansiële probleme oorkom, terwyl Tobie in 'n letterlike kop aan kop botsing met sy toekoms beland.
Episode 8Episode 8Met die buurtwag in flarde volg Don sy ego al die pad na die nuwe buurtwagsambreelorganisasie se eerste vergadering toe. Johan word per ongeluk die spreekbuis vir korporatiewe ontwikkeling, terwyl Tobie vir Lisa 'n piekniek by die dam hou.
Episode 9Episode 9Don en Gert stamp kop oor Tobie en Lisa se middernagtelike streke. Yolandie hou 'n tradisionele sondagmiddagete vir die buurt. Nuwe leidrade lei Kaptein Fredericks na Don se drumpel toe.
Episode 10Episode 10Johan vermy realiteit (en vir Yolandie) deur by Gert en Tobie weg te kruip. Die manne gaan op doellose middagpatrollies terwyl Tobie vir werk soek. Yolandie probeer iets doen oor haar engtevrees.
Episode 11Episode 11Beurtkrag ontwrig die hele buurt en veral die rugby wat almal by Don se huis gaan kyk. Tobie neem Lisa saam op sy twyfelagtige uitstappie. Die manne konfronteer uiteindelik vir Gert oor sy finasnies. Clive spandeer kwaliteit tyd saam met die vroue.
Episode 12Episode 12Die buurt rou. Johan se leuens haal hom uiteindelik in. Die gety draai teen Don en hy neem reg in eie hande. Tobie en Lisa se verhouding neem ‘n dramatiese wending.
Episode 13Episode 13All 13 episodesDie buurt het al beter dae gesien. Johan moet sy vrou terug kry, die buutwag red én sy man teen Molendorf staan. Don se kaarthuis tuimel ineen, terwyl Tobie en Lisa groot besluite moet maak.
Cast & Crew
Similar titles























